Biography
Willie Johan Botes is op 31 Augustus 1967 in Pretoria gebore. Sy eerste kennismaking met die genealogie was in 1990 toe hy begin met sy eie familie navorsing. Sy eerste genealogiese publikasie, “Botes Stamregister & Kwartierstaat”, het in 2010 verskyn.
Hy het in 1985 aan Potchefstroom Gimnasium gematrikuleer waarna hy sy nasionale diensplig in 1987 voltooi het. Daarna het hy in 1988 as gewone staatsamptenaar in Pretoria begin werk.
Van skooldae af was geskiedkundige gebeure, van die Afrikaner volk, vir die skrywer belangrik en het hy ’n passie daarvoor ontwikkel. Hy het deur die verloop van jare baie geskiedkundige boeke gelees om op die manier sy kennis op die gebied te verbreed. Dit het natuurlik in latere jare handig te pas gekom in sy genealogiese navorsing.
Met die voltooiing van sy eerste genealogiese boek, wat gebaseer was op sy eie familie stamlyn, het die vraag ontstaan – wat nou? Die antwoord hierop was vir die skrywer eenvoudig ’n formaliteit en dit was om sy huidige genealogiese navorsing na die volgende vlak te neem. Dit het behels dat daar meer intense navorsing sou plaasvind wat daarop gemik was om soveel as moontlik Suid-Afrikaanse vanne in sy volgende boek, getiteld “Die verband tussen Genealogie en Suid-Afrikaanse Slagvelde” in te sluit. Een van die vereistes van hierdie nuwe boek was om soveel as moontlik van hierdie vanne op die een of ander manier met mekaar te verbind.
Nadat die skrywer die verbindings gemaak het, het daar iets gekort en wou hy nie net nog ’n gewone stamregister boek die lig laat sien nie. Dit is toe dat die skrywer sy jare lange passie vir geskiedenis ingespan het en dit in sy nuwe boek geïntegreer het. Geskiedkundige slagvelde uit die Voortrekker era, Eerste Anglo-Boereoorlog en Tweede Anglo-Boereoorlog is nagevors en word in kort in hierdie nuwe boek weergegee.
Die skrywer het egter besluit om hierdie geskiedkundige slagveld een stappie verder te vat en het alle Boere hooffigure van elke slagveld nagevors en hulle individuele stamlyn word in die nuwe boek aangetoon.
Hopelik is hierdie tweede genealogiese boek nie die laaste wat ons van hierdie belowende geskiedenis skrywer sien nie. Wie weet dalk vloei daar nog interessante geskiedenis stories uit sy pen.